Baie dankie vir almal se ruimhartige bydraes tydens die afgelope sendingweek.  We were able to demonstrate that we are a CARING school with open hearts and hands.


This year we supported Ruyterwacht Senior Centrum (old age home). Ons weet dat elkeen se bydrae die lewens van die 240 inwoners op 'n wonderlike wyse aangeraak het!

Leerders, onthou om 'n geldjie in te pak eerskomende Vrydag, 2 Junie en ondersteun die Graad 3's se Entrepreneursdag! 

Learners, remember to bring some spending money to school on Friday, 2nd June and support the Grade 3's Entrepreneurs day!

Baie geluk aan die koorlede met hulle uitsonderlike prestasie die afgelope naweek.   Durbanville Voorbereidingskool het weggestap met goud plus by Stellenbosch se Kunswedstryd en Hoogste lof by Kaapstad se Eisteddfod.  Trots om 'n Durbie te mag wees!

Panarotti's Tygervallei het die leerders van Graad 1A2 (Juf Christa Henning) Vrydag 12 Mei bederf met 'n verrassingsbesoek en heerlike pizza's vir die leerders uitgedeel.     Die bederf is deur die klas gewen aangesien hulle die tweede meeste fondse ingesamel het vir die 2017 taalolimpiade!  Welgedaan!  

The class who collected the most money by the cut-off date:

(Bus outing to Two Oceans Aquarium and each learner will receive a t-shirt sponsored by the granny of Sasha Acutt 2E1)

3A4   Karlien du Toit                                        R18 987-50

The runners up were:

2de: 1A2  Christa Henning                            R18 465

        Klas kry pizza’s van Panarotti’s Tygervallei   

3rd:   1A5  Nelrene Marais                             R17 416

Groot was die opwinding van die Graad 2 leerders na die vakansie met die aanbring van kunsgras en houtdekke om die boomwortels wat as sitplekke gebruik kan word.  Daar het omtrent 'n atmosfeer van opgewondenheid geheers en die leerders het spontaan wawiele op die gras gemaak.  Die blink ogies van groepies leerders wat piekniek onder die bome gehou het, was voorwaar 'n riem onder die hart.

Kom geniet hierdie geliefde karakters uit die 80’s!!!

Vrydag 12 Mei 2017

19h30

Bellville Burgersentrum

R130 per persoon

Beperkte aantal kaartjies beskikbaar

 

Kontak:  Esther (021) 975-1125/ esther@dvprep.co.za

Pages