Anieka Louw Graad 3A2 is gekies vir die 2019 WP Tweekamp span!

Die WP Tweekamp span neem einde Maart deel aan die Nasionale Kompetisie (SA's) in Port Elizabeth.  Hulle gaan hardloop by NMU Stadium en swem by Newton Park.  Baie sterkte Anieka - jy is 'n ware Durbie!

Graad 3A6 doen dit weer!  Hulle word vir die tweede week in 'n ry as wenklas van die week vir dié jaar se Olimpiade aangewys!  

On Saturday 2 March four Under 8 and 9 teams took part in the Annual Panorama Primary School’s mini cricket day.  KFC was the sponsor for the day and our boys (and coaches) besides playing 2 matches each, were spoiled with various ‘treats’ and activities.

Our teams made us proud once again by playing great cricket and displaying a high standard of skills. 

There was a ‘KFC Active Zone’ where the boys could compete in various skills drills, our boys won 6 out of the 8 prizes on offer !

13 van Durbanville Voorbereidingskool se atlete het op Dinsdag 26 Februarie aan die Eikestad Prestige atletiekbyeenkoms deelgeneem.  Wat 'n voorreg vir hul om op Coetzenburg se tartanbaan te hardloop.  Hul wen 5 goue medaljes, een silwer en een brons en slaag daarin om saam met Laerskool Durbanville se span aangewys te word as die beste span met die meeste punte op die aand.  Hulle ontvang ook die trofeë. 

The 2018 Western Cape School Awards for Achievements in Language and Mathematics (Grade 3, 6 and 9) took place on Tuesday 26 February 2019.  Durbanville Preparatory School received an award from the Provincial Minister of Education, Ms. D Schäfer for Academic Excellence in Grade 3.

Bykans 300 Graad 3 leerders het in 2018 hierdie toets afgelê.  Ons is baie trots op ons leerders, ouers en onderwysers wat help met die ontwikkeling van ons leerders.  Durbanville Voorbereidingskool streef na uitnemendheid.

Durbanville Laerskool se swemgala het plaasgevind op Maandag 18 Februarie.  Deelnemende skole was Durbanville, Eversdal, Kenridge, Welgemoed en Van Riebeeck-strand.  Durbanville Voorbereidingskool se swemmers het pragtig presteer by die geleentheid.

Anja de Villiers - silwer, 0/8 vryslag

Wilmé de Vries - brons, 0/8 rugslag

Jack van Wyk - goud, 0/8 rugslag ('n nuwe rekord) en goud 0/8 borsslag

Milan Orchard - silwer, 0/9 rugslag

Sion Coetzee - brons, 0/9 rugslag

Sofia de Jager - brons, 0/8 borsslag

Demi Putter - silwer, 0/9 borsslag

Baie geluk aan die eerste week se wenners van hierdie jaar se olimpiade:  Graad 3A6!

Pages