'n Totaal van 350 Graad 1 leerders het hulle eerste dag "in die groot skool" geniet.  Die opgewondenheid was sigbaar op die gesiggies en die leerders het sommer die eerste dag al hard gewerk. 

Ons wil graag al die Graad 1 ouers en leerders verwelkom en vertrou dat julle spoedig deel van die Durbie gemeenskap sal wees.