Groot was die opwinding van die Graad 2 leerders na die vakansie met die aanbring van kunsgras en houtdekke om die boomwortels wat as sitplekke gebruik kan word.  Daar het omtrent 'n atmosfeer van opgewondenheid geheers en die leerders het spontaan wawiele op die gras gemaak.  Die blink ogies van groepies leerders wat piekniek onder die bome gehou het, was voorwaar 'n riem onder die hart.