Desmond Wells die SAMA & Huisgenoot Tempo genomineerde sanger hier van die Kaap kom doen Donderdag 29 Junie 'n gratis vertoning vir ons leerders by Durbanville Voorbereidingskool lewer. Desmond se nuwe cd "Staan vir altyd by my" is binnekort op die rakke en sal op die dag van sy optrede te koop wees hier by die skool teen R100 elk. Van die liedjie soos "Dansvloer Liefde" & "Die woorde in my" speel al gereeld op ons land se gunsteling radiostasies soos RSG, Bokradio en sy musiekvideos is ook gereeld te sien op Kyknet & SABC2.