Neil, Graad 3 leerder,  was gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig in die FIM (Federation of International Motorsport) se Motocross of African Nations kompetisie te Gaborone, Botswana, oor die naweek van die 25ste Augustus 2017.

Dit was n 3 dag kompetisie waar die beste motorfietsryers van 10 Afrikalande bymekaargekom het om kragte te meet en te kyk wie die kroon sou dra as die nuwe Afrika kampioen en elke klas!

Neil, die huidige Afrika kampioen in die 50cc PRO klas het letterlik stof in sy teenstanders se oë gery en was weereens na die 3 dae gekroon as 2017 se Afrika kampioen, die enigste ryer tussen  al die klasse wat dit agtereenvolgens kon vermag!

Neil, wat tans ook die voorloper is in die Nasionale kompetisie en ook die enigste ryer in Suid-Afrika wat hierdie jaar nog onoorwonne is se laaste Nasionale resies vind plaas op die 14de Oktober in Johannesburg, hy kort net 3 punte om vir die tweede keer gekroon te word as die Suid-Afrikaanse kampioen!

Hy is voorwaar n trotse DURBIE!