Mia-Cecilia Kriel (Gr3) is gekies om een van die Gretl rolle te speel in die Sound of Music wat van 6 tot 27 Mei 2018 by die Artscape Teater gaan wees. Gretl is die jongste van die Von Trapp kinders. Die oudisie rondtes het sang, dans, harmonisering en toneelspel ingesluit. Ons is baie trots op haar en glo dit gaan ’n groot sukses wees.