Baie geluk aan die leerders van Graad 2A6 wat die wenklas was wat die 3de plek in vanjaar se Olimpiade behaal het.  Die prys was 'n besoek van Panarotti's Tygervallei. 

Op die foto verskyn die leerders van 2A6, Juffrou Ronelle Kriel (opvoeder),  Pizza Pete en Danie van Panarotti’s Tygervallei.