Die tyd het aangebreek vir ons jaarlikse graad 3 kamp. Oudergewoonte het ons die graad in die helfte verdeel en hierdie jaar was dit 3A1, 3A3, 3A5, 3A6 en 3A7 wat saam gekamp het. Met baie opgewondenheid en uiterste weersomstandighede het eenhonderd en vyftig kinders, vyf onderwysers, ses kosmammas en veertien ouers die tradisie voortgesit. Met ‘n vol program het die kamp af geskop. Die kinders het baie geleer oor die natuur en van ons land se pragtige fynbos. Hulle moes ook in hulle groepe embleme ontwerp wat handel oor die natuur met ‘n slagspreuk. Daar was ook verwag van die leerders om per groep hulle embleme met simbole en slagspreuk aan die res van die graad te verduidelik. Die leerders moes ook kreatief word deur ‘n advertensie te skep. Hulle moes ‘n produk bemark wat nie reeds bestaan nie. Tussen deur al die harde werk was daar ook ‘n bietjie tyd se swem en speel. Die stokbrood braai en nagmars was soos gewoonlik ‘n groot hoogtepunt. Die leerders het ook ‘n bietjie meer oor die sterre geleer tydens die nagmars. Vrydagoggend was almal gereed om huis toe te gaan en het ons die kamp af gesluit met ‘n heerlike staptog in die natuur. Ons is baie dankbaar vir die geseënde kamp en bedank elkeen wat by gedra het tot die sukses daarvan.