13 van Durbanville Voorbereidingskool se atlete het op Dinsdag 26 Februarie aan die Eikestad Prestige atletiekbyeenkoms deelgeneem.  Wat 'n voorreg vir hul om op Coetzenburg se tartanbaan te hardloop.  Hul wen 5 goue medaljes, een silwer en een brons en slaag daarin om saam met Laerskool Durbanville se span aangewys te word as die beste span met die meeste punte op die aand.  Hulle ontvang ook die trofeë.