Die rugbytoer is afgeskop met wedstryde teen Klein Boishaai in die Paarl.  Alhoewel dit gereën het en koud was het die Durbie-manne goeie rugby gespeel en hulle vaardighede getoon. 

Die 2de wedstyd is oppad gespeel teen Worcester Voorbereidingskool waar die seuns weereens uitsonderlike rugby gespeel het. Die wedstryde wat teen Swellendam gespeel sou word moes ongelukkig afgestel word weens die weer.

Vrydag was 'n dag vol aktiwiteite met besoeke aan die Kango Volstruis plaas, die Kango Grotte, Wilgewandel en Cango Wildlife Range.

Saterdag het elke span die geleentheid gehad om drie wedstryde te speel by Hartenbos Laerskool se toernooi. Die seuns het pragtig gespeel en die toer was op 'n hoogtepunt afgesluit.

Ons is baie trots op die mooi rugby wat die seuns gespeel het!