Die Hip Hop groep, Discovery, van Gift of Dance bestaan uit ses leerlinge van Laerskool Durbanville en een leerling van Durbanville Voorbereidingskool (Lana du Toit).

Lana en haar span het deelgeneem aan kykNET se kompetisie "Dans in jou taal".  Hulle het die volgende toekennings (trofees) gewen:

1.  Beste dansgroep in die Hip Hop kategorie

2.  Beste dansgroep van hul ouderdom (gemiddelde ouderdom van 8 -10 jaar)

3.  Algehele wenners van die Junior kategorie.

Baie geluk aan die groep met hulle uitsonderlike prestasies.