Saterdag die 6de Maart 2021 het Schalk Fouché in Kaapjag se CHASA skiet kompetisie deelgeneem. Onder die afdeling Penkoppe. Dit is kinders tussen die ouderdom 7 tot 13.

Die kompetisie bestaan uit 4 afdelings waar jy op verskilende afstande en in verskilende posisies moet skiet .

Dit alles word gedoen met n jaggeweer.

1. Springbok 5 skote lê en skiet op 200m en jy het 2min. 

2. Rooibok 5 skote sit en skiet op 100m en jy het 1.5min.

3. Vlakvark 5 skote staan en skiet op 30m en jy het 45 sekondes.

4. Staal ghongs op aftande tussen 150m en 200m. Lê en skiet en jy het 2min. 

Schalk het nie net sy afdeling as Penkop gewen nie maar ook die dag die beste jnr skut gevat.  Welgedaan!