Livia Pike het deelgenaam aan die regional kompetisie van Talent Africa, waar sy haar WP klere in uitvoerende kunste verwerf het en toe ook Springbok klere ontvang het!  Sy het SA verteenwoordig by die Talent America kompetisie en het 'n 1ste en 2de plek behaal. Sy ontvang 4 sertifikate!

Ariné Louw het aan een van die 3 kwalifiserende rondtes vir 2021 deelgeneem tydens ‘n byeenkoms by die Suid Afrikaanse Nasionale Equestrian Skole Assosiasie (SANESA).  SANESA is die platform waar ruiters kan deelneem op ‘n nasionale vlak.  Sy het by beide 40cm ‘Show jumping’-rondtes ‘n 1ste plek behaal.  Baie geluk aan haar en Lady Stuben met hierdie pragtige prestasie!

Johann Joubert het 2de gekom in die .22 skiet kompetisie by Durbanville skietklub en ontvang 'n silwer medalje!

Michelle Giliomee en Lisa Krige het deelgeneem aan die "Northern" Panthers" toernooi.  Hulle ontvang elkeen 'n goue medalje!  Geluk julle!