Newsletter 2.2010
Beste Ouers / Dear Parents
Die heerlike somerweer en 670 energieke,entoesiastiese atlete het gesorg vir ‘n aangename middag van sing en hardloop. Die aanmoediging en ondersteuning van almal op die wal het ons atlete aangespoor om hul beste te lewer. It was heart warming to see the beams of absolute delight when a child could see and hear mom and dad cheering them on.
The day was of course also a wonderful networking opportunity for our new and not so new parents. Hopefully you have had the chance to meet with existing as well as new found friends. Dit was voorwaar ‘n aangename middag maar tot ons spyt moet ons ook erken dat daar wel 50 leerders nie opgedaag het vir die kleuresport nie. Ons verstaan dat dit soms moeilik gaan om al ‘n mens se draaie te kry, maar hierdie byeenkomste is en bly ‘n baie belangrike deel van elke kind se ontwikkeling.
We have had some very positive feedback from various sources within our school community. We are grateful that the day had been such a huge success and that we were fortunate enough to end on time. Glo my wanneer ek sê dat dit nogal tyd neem om al die nuwe Gr 1 leerders te wys waar hulle elkeen moet wees. Ek dink egter dat die samewerking en gedrag van ons leerders uitstekend was en weereens kan ek breëbors rondstap.
The festive atmosphere was set by the singing of our Theme song, the interesting and well co-ordinated processions as well as the brilliant performance by our Drummies. ‘n Mens staan dikwels verstom wanneer jy besef presies wat ons talentvolle onderwyseresse in so ‘n kort, kort tydjie kan uitrig met ons ewe talentvolle kinders. Ons nuwe Gr 1-leerders is nou goed ingeskakel by die skool en kan hulself ware Durbies noem. En het hulle nie pragtig gehardloop nie!!!!!
From this week on, our newsletter will also be available on our School Communicator. It has proven to be an excellent communication tool assisting very much in reaching a greater audience, not to mention saving on our printing costs. Indien daar huisgesinne is wat egter nog nie oor internetfasiliteite beskik nie, sal daardie leerders nog steeds ‘n nuusbrief per hand ontvang.
During the passed holiday, our netball courts have been re-coated and the children’s play areas are now in excellent condition. It cost a small fortune but we all like it when our school is in a good condition. I must however admit that it saddens me to tell you that these newly renovated areas have now become the hotspot for skateboarding. Indien u persone sien wat ons terrein onwettig betree, sal u asb so vriendelik wees om ons sekuriteitsfirma te skakel by 086 12 12 300. Moet asb onder geen omstandighede eers probeer om die oortreders self te konfronteer nie, want hulle is baie aggressief.
Early yesterday morning, as I arrived at school, I decided to take a little walk round. It, once again, dawned on me just how fortunate we are. We have the privilege of working, learning and playing in a well cared for and beautiful school. Die groot koeltebome en kwetterende voëltjies dra by tot die rustige, huislike atmosfeer. Ons is baie gelukkig in die sin dat die skool in so ‘n stil area geleë is. Ek kan my verkyk aan ons leerders wat so lekker speel en uitgelate lag.
We would like to thank all the parents who attended the PTA meeting last night. It was a successful meeting with a good number of parents attending. We always say that when more parents get involved, the more successful all of our functions become as we have a greater resource of expertise to tap into. Ons gaan vanjaar u hulp benodig by verskeie sportdae en funksies en waardeer u belangstelling en bereidwilligheid om te help opreg.
Geniet die res van die week en ook die naweek wat voorlê.
Groete uit die kantoor/Regards from the office
Tags: News, newsletter
