Die 2de rondte van die Womza national series was oor 2 dae gehou die afgelope paasnaweek!

3 van ons skool se leerlinge het deelgeneem hierdie naweek wat die hele land se top ryers ingesluit het!

Xander de Bruin (Graad 3) het deelgeneem in die 65cc klas maar kon ongelukkig net die oefenrondtes klaarmaak agv motorfiets probleme, alhoewel hy slegte geluk gehad het met sy motorfiets kan ons nie wag om hom weer in die streek kompetisie in aksie te sien nie, sy styl en vermoë om  seepglad deur sy motorfiets se ratte te gaan op so 'n jong ouderdom voorspel net goeie resultate vir die toekoms!

Liam Lambert (Graad 1) het deelgeneem in die 50cc Junior klas, met die aanbreek van Saterdag se kompetisie was Liam voor op die punteleer in die National series nadat hy skoonskip gemaak het by die 1ste National in Port Elizabeth.  Die voorloper in die Nasionale kompetisie in elke klas kry 'n spesiale rooi nommer waarmee hy vir die dag kan deelneem, 'n groot oomblik vir Liam was toe hy sy spesiale nommer ontvang het van 12 keer Suid Afrikaanse kampioen Richard vd Westhuizen!  Die verwagting was baie groot vir Liam om sy  algehele 1ste plek te behou, hy het 2de in die eerste 2 heats geeindig en ongelukkig het hy baie slegte geluk met sy motorfiets gehad in die laaste heat, ten spyte hiervan  het hy tot die einde sy bes probeer en nooit opgegee nie, dit het hom verseker van 'n algehele 3de plek op die podium vir die dag!

Neil vd Vyver (Graad R) het ook deelgeneem in die 50cc junior klas,  dit was sy eerste National.  Hy het 'n 3de plek behaal in die 1ste en 2de heat agter Liam,  in die laaste heat was hy 2de wat hom 'n algehele 2de plek besorg het vir die dag.  Neil, wat die jongste van die 3 is en wat die minste ondervinding het in sulke situasies het deurentyd koelkop gebly en was baie konstant oor die 2 dae, daar lê egter nog baie harde werk vir hom voor om hom te vestig onder die voorstes!

Die skool kan met reg trots wees op hierdie 3 manne wat regtig uitblink in hierdie sport en te alle tye die skool se naam hoog hou!