Oud leerling, Grant Hermanus, het vandag vir Juffrou Mariette Coetzee en die leerders kom groet.  Juffrou Coetzee vier hierdie jaar haar 30ste jaar by Durbanville Voorbereidingskool.  Grant, wat deesdae uitblink as 'n WPu19 rugbyspeler, is een van haar oud leerlinge.  Ons wens Grant alle sterkte toe met sy loopbaan!  Weet jy sal ons trots maak!